

As jy bang is dat jou boerdery dit nie gaan maak nie of jy die een is wat die blaam moet vat dat die familie boerdery tot niet is of dat jou boerdery nie meer sal kan sorg vir jou gesin nie dan is hierdie handleiding vir jou.
(Klik op die video hierbo vir meer inligting)


Die Drie Pilare van Sukses
Om langtermyn-winsgewendheid te behaal, moet jy hierdie drie kernareas bemeester:
Besigheid & Mense – Strategiese beplanning, finansiële bestuur en leierskap. Die suksesvolste boere dink en werk soos besigheidseienaars, nie net werkers nie.
Natuurlike Hulpbronne – Grond-, water- en weiveldbestuur. Optimalisering van doeltreffendheid in hierdie areas verlaag kostes aansienlik en verbeter produksie.
Skaapproduksie & Bestuur – Optimalisering van teelpraktyke, kuddegesondheid en operasionele doeltreffendheid om maksimum produktiwiteit en wins te verseker.

Klik op die skakel en gee jou besonderhede, volg die stappe en dan sal jy al die skakels per epos ontvang om toegang te kry tot die werkboek.

Hoofstuk 1: Dink Soos ‘n Top 1% Skaapboer
Hoofstuk 2: Skep ‘n Strategiese Besigheidsplan
Hoofstuk 3: Bemeester Jou Plaas se Finansies
Hoofstuk 4: Bou n Skaalbare Skaapboerdery
Hooofstuk 5: Bemarking & Verkope vir Maksimum Wins
Hoofstuk 6: Opvolgbeplanning & Bou van n Boerdery Nalatenskap

Hoofstuk 7: Optimalisering van Grond, Weiding en Water vir Winsgewendheid
Hoofstuk 8: Herlewingsboerdery vir Volhoubare Sukses
Hoofstuk 9: Tegnologie & Innovasie in Skaapboerdery


Hoofstuk 10: Kies die Regte Ras
Hoofstuk 11: Kuddegesondheid & Siektevoorkoming
Hoofstuk 12: Skaapvoeding & Voerstrategie
Hoofstuk 13: Teling & Reproduksie vir Winsgewendheid
Hoofstuk 14: Werkvloei & Arbeidsbestuur
Hoofstuk 15: Basiese Infrastruktuur en Toerusting

Hoofstuk 16: Stap-vir-Stap Aksieplan vir Sukses

(Klik op die groen skakel om toegang te kry)

Ek is Abraham(Braam) Coetzee en ek is al meer as 30 jaar betrokke in die skaap- en wolbedryf in Suid Afrika.
Ek het op 'n skaapplaas in Namibië grootgeword.
Na skool gaan studeer ek B.Sc. Landbou aan Stellenbosch Universiteit en spesialiseer in die voeding, teling en bestuur van wolskape.
In 1990 verwerf ek die graad B.Sc.-Honeurs in Skaap- en Wolkunde.
My loopbaan begin in 1991 by die Suid-Afrikaanse Wolraad as 'n skaap- en woladviseur.
Gedurende hierdie tyd was ek betrokke by die bestuur van ooiprojekte in die Karoo om te bepaal hoe lyk die tipe wolskaap wat optimaal presteer onder natuurlike omstandighede.
Ek het ook gedien as 'n senior skaap- en woladviseur vir die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, sowel as vir BKB, een van die voorste Wolmakelaars in Suid-Afrika.
Verder het ek vir 10 jaar as die besturende direkteur van die Konsortium maatskappye gedien. My funksie was die ontwikkeling van standaardbedryfsisteme vir die boerdery. Die beplanning, begroting, implementering, monitering en evaluering van die boerdery eenhede.
Ek is ook die afgelope 17 jaar die besturende direkteur van my familie se eie groep van maatskappye.
Ons bedryf verskeie besighede onder die Amali-handelsmerk.
Verder doen ek gereeld kursusse oor bemarking, leierskap en bestuur en doen ook baie selfstudie oor hierdie onderwerpe.
Ek en my vrou, Marlize woon in Cradock in die Oos-Kaap. Ons het twee dogters. Die oudste is in die vrugte uitvoer bedryf en die jongste is in die finansiele bedryf.

’n stap-vir-stap handleiding en werkboek wat ontwerp is om jou skaapboerdery van ’n finansiële stryd om oorlewing na ’n winsgewende, volhoubare besigheid te verander. As jy moeg is vir lang ure, stygende kostes en onsekerheid oor jou plaas se toekoms, is hierdie beslis jou padkaart na sukses.

Handleiding en Werkboek met praktiese voorbeelde.

All rights reserved Amali Digital Marketing Agency (Pty) Ltd
Disclaimer:
This guide is provided for informational purposes only and does not constitute financial, investment, or legal advice. The content is based on research and personal experience and is intended to share general information about sheep farming concepts and strategies. Individual farming situations vary, and it’s important to consult a qualified advisor before making any investment or financial decisions. We do not guarantee specific results, and all investments carry risk. The creators and distributors of this guide are not responsible for any losses or damages resulting from actions taken based on its contents.